Month: Maart 2018

Loop Op Water

Gedurende ’n besondere koue winter was ek na Michigan-meer, die vyfde grootste meer in die wêreld om dit gevries te sien. Die uitsig was asemrowend vanaf die strand, waar ek gewoonlik die son indrink. Die water was inderdaad in golwe gevries, wat ’n bevrore meesterstuk geskep het.

Omdat die water solied gevries was tot teenaan die strand, het ek die…

’n Goeie Seisoen

Vandag is lentedag in die noordelike halfrond (1 Apr.) As jy in Australië woon, is dit die eerste dag van herfs – die lente-ewening in die noordelike halfrond is die herfsewening in die suidelike halfrond. Vandag skyn die son op die ewenaar en die dag en nag is omtrent ewe lank oor die wêreld.

Nuwe seisoene is belangrik vir baie…

Die Kuns Van ’n Dankbare Hart

Ek en Martie het op ons troudag met genoeë belowe om getrou te wees “in goeie tye en slegte tye, in siekte en in gesondheid, in rykdom en in armoede.” Op ’n manier is dit vreemd om oor die troostelose werklikheid van slegte tye, siekte en armoede te praat op ’n opgewekte troudag. Dit beklemtoon egter net die feit dat…

Briewe Huistoe

Terwyl hulle in opleiding was vir die Tweede Wêreldoorlog, het Amerikaanse rekrute hulle gewend na humor en briewe om die uitdagings te troef. In ’n brief is die inentingsproses met oordewe humor beskryf: “Mediese offisiere het ons met harpoene gejaag. Hulle het ons vasgepen en een in elke arm gesteek.”

Een soldaat het besef dat humor hom net sover kon…

Fluisterwoorde

Die jongman was onrustig in die vliegtuig. Sy oë het heen en weer na die vliegtuigvensters gegaan. Toe maak hy sy oë toe en haal diep asem, om homself te probeer kalmeer – sonder sukses. Toe die vliegtuig opstyg het hy begin wieg. ’n Ouer dame het hom aangeraak en rustig met hom gepraat om sy aandag af te lei.…

Wonders In Fokus

Party van ons is te geneig om na die wêreld te kyk en net te sien wat verkeerd is. DeWitt Jones is ’n National Geographic-fotograaf wat sy beroep gebruik om wat reg is in die wêreld, te vier. Hy wag en kyk tot ’n ligstraal of verandering van perspektief skielik ’n wonder blootlê wat nog al die tyd daar was.…

Ontbloot Vir Herstel

Toe ek klein was het ek gekyk hoe my pa braak lande ploeg . Met die eerste verbygaan het die ploeg rotse uitgelig, wat hy weggesleep het. Hy het die land weer geploeg, en weer, om die grond verder op te breek. Met elke verbygaan het die ploeg kleiner klippe uitgelig, wat hy uitgehaal het, keer op keer, tot dit…

Skenk Die Gawe Van Gebed

“Ek het nie besef wat ’n gawe-gebed was, tot my broer siek was en julle almal vir hom gebid het nie. Ek kan nie vertel hoe ’n troos dit was nie!”

Laura het trane in haar oë gehad toe sy my bedank vir die gebede van ons gemeente vir haar broer, wat gewag het op ’n kankerdiagnose. Sy sê “Julle…

Trek Saam

Hoekom betaal meer as vyf miljoen mense jaarliks om kilometers te hardloop waar hulle mure moet oor, deur modder sukkel en pype te klim, terwyl water oor hulle afstort ? Sommige sien dit as ’n persoonlike uitdaging om hulle vermoeiheidsgrens te toets of hulle vrese te oorkom. Vir ander is die aantrekkingskrag die spanwerk, waar hulle mekaar help en ondersteun.…

Sewe-Letter Geloof

Met ’n geneigdheid tot pessimisme kan ek gou tot negatiewe gevolgtrekkings kom oor hoe my lewe gaan uitdraai. As ’n projek by die werk faal, is ek oortuig dat geen van my pogings ooit suksesvol sal wees nie – en selfs totaal buite verband – dat ek ook nooit my tone gemaklik sal kan raak nie. En, o wee, ek…